Innsbruck

Innsbruck

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Oostenryk Oostenryk
 Deelstaat Tirol
 Koördinate 47°16′N 11°23′O / 47.267°N 11.383°O / 47.267; 11.383
 Stigting (eerste verwysing) 1187
 Stadstatus 1187/1205
 Oppervlak:  
 - Totaal 104,81 vk km
 Hoogte bo seevlak 574 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2017) 132 236
 - Bevolkingsdigtheid 1262/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Georg Willi (GRÜNE)
 Amptelike Webwerf www.innsbruck.at

Innsbruck is die hoofstad van die deelstaat Tirol in die weste van Oostenryk. Dit lê in die Innriviervallei waar die Wipptal-(Sill)rivier in die Innrivier vloei, en verskaf toegang tot die Brennerpas, ongeveer 20 km suid van Innsbruck. Die stad word omring deur hoë berge, nl. die Nordkette (2 334 m) in die noorde, Patscherkofel (2 246 m) en Serles (2 716 m) in die suide.

Innsbruck is 'n internasionaal bekende wintersportsentrum en het twee keer – in 1964 en 1976 – as gasheerstad van die Olimpiese Winterspele opgetree. Dit het ook die eerste Jeugwinterspele in 2012 aangebied. Die woord bruck kom van die Duitse woord Brücke wat brug beteken. Innsbruck beteken dus "Brug oor die Inn".


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search